Eintracht Frankfurt

Eintracht Frankfurt
logo
Volle naam Eintracht Frankfurt e.V.
Bynaam/me Die Adler,
Launische Diva
Stigting 8 Maart 1899
Tuisveld Deutsche Bank Park
(vroeër Waldstadion),
Frankfurt am Main
Kapasiteit 58 000
Voorsitter Mathias Beck
Bestuurder Dino Toppmöller
Liga Bundesliga
2023/24 6. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Eintracht Frankfurt is 'n sportklub uit Frankfurt am Main in die deelstaat Hessen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer gimnastiek, atletiek, hokkie, boks, tennis, handbal, rugby, tafeltennis, basketbal, vlugbal, veerpyltjies, yshokkie, driekamp, stoei, ultimate frisbee, skermsport, vegkuns en gholf.

Die klub is op 8 Maart 1899 gestig as Frankfurter Fußball-Club Viktoria von 1899. In Mei 1911 is daar met Frankfurter Fußball-Club Kickers von 1899 saamgesmelt as Frankfurter FV (Kickers-Viktoria). In 1920 het die klub met die gimnastiekklub Frankfurter Turngemeinde von 1861 saamgesmelt om TuS Eintracht Frankfurt von 1861 te vorm. In 1927 het die twee klubs weer uitmekaargespat as gevolg van druk van die nasionale gimnastiekvereniging en weer die name Turngemeinde Eintracht Frankfurt von 1861 en Sportgemeinde Eintracht Frankfurt (FFV) von 1899 aangeneem.

Die klub se beste prestasie in sy vroeë jare was toe die eindstryd om die Duitse nasionale kampioenskap in 1932 bereik is, waar daar met 0-2 teen FC Beiere München verloor is. In 1933 is Duitse sokker geherstruktureer in 16 Gauligas. Eintracht het in die Gauliga Suidwes meegeding en die liga in 1938 gewen, maar is in die groepsfase van die uitspeelwedstryde om die Duitse titel uitgeskakel.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Oberliga Suid meegeding en die Duitse kampioen geword in 1959 deur 5-3 met Kickers Offenbach klaar te speel in die eindstryd. Die titel is opgevolg met 'n puik lopie in die Europese beker-kompetisie. Eintracht het die eindstryd gehaal, maar met 3-7 verloor teen Real Madrid in 'n wedstryd wat vandag nog beskou word as een van die beste wedstryde wat nog ooit gespeel is.

Eintracht was een van die klubs wat aan die eerste Bundesligaseisoen in 1963 deelgeneem het, maar die klub se beste prestasie in hierdie liga was die 5 keer wat daar derde geëindig is.

Die Deutsche Bank Park (vroeër Waldstadion) is sedert 1925 die tuiste van die klub. Die ondersteuners van Eintracht Frankfurt het die afgelope jare bekend geraak as van die mees fanatiese ondersteuners in Duitsland, wat ongelukkig ook gepaardgaan met sokkerboewery en die klub al duur te staan gekom het met boetes wat opgelê is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search